Onstuitbaar en vreesloos. Só was die Boerekrygers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog uit krygsgevangekampe probeer ontsnap het. Niks sou hulle keer om weer vry te wees nie: nie 'n moontlike skietdood, 'n oseaan vol haaie, die gevaar om van 'n bewegende trein af te spring of 'n tonnel wat op hulle kon inval nie. In hierdie boek bring Albert Blake van die mees gewaagde ontsnappingspogings deur Boerekrygsgevangenes byeen. Hulle verstom met hul vindingryke planne om die Britse...
In die dae toe speurders nog aan hul safaripakke en Grasshopper-skoene uitgeken kon word, was die Moord-en-roofeenheid ewe beroemd as berug. Charles Miller was een van hul topspeurders. As lid van die Wes-Randse tak het hy verskeie opspraakwekkende moord- en roofsake danksy deeglike speurwerk en 'n uitstekende netwerk opgelos. Bloedbesmeerde moordtonele, donker hole, omstrede ondervragingsmetodes en smerige informante was alles deel van sy werk. Vir hom en sy kollegas het die adrenalien...
Die Anglo-Boereoorlog het nie net helde opgelewer nie. In dié stryd het broer teen broer ook teen mekaar te staan gekom. Duisende republikeinse burgers het as joiners by die Britse magte aangesluit, terwyl ander weer inligting oor die Boeremagte aan die vyand verskaf het. Die straf vir hul verraad? Die dood. In Boereverraaier word dié teregstellings dramaties herskep met aanhalings uit dagboeke en veldverslae. Daar is tragiese verhale soos dié van vier broers van Wakkerstroom wat almal op een...
Bomplanters, sluipmoordenaars, saboteurs. Almal Afrikaners. Kragstasies is opgeblaas en politieke moorde uitgevoer. Dié terreurveldtog van militante Afrikaners, wat die land in die 1940's naby aan die afgrond van anargie gebring het, is vandag grootliks vergete. Daar was spioenasie-intriges, opspraakwekkende hoogverraadsake en gewaagde ontsnappingspogings. Maar om politieke redes is hierdie hoofstuk in ons geskiedenis dekades lank diep begrawe. In Wit terroriste vlek Albert Blake dit wawyd...
Henning Viljoen, 'n agterkleinseun van Piet Retief, was maar 17 toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek en hy opgekommandeer is. Vir die volgende meer as twee jaar hou hy dagboek van die daaglikse lewe op kommando. Teen die aanvang van die guerrillafase is hy reeds 'n deurwinterde vegter in die Oos-Transvaal. Sy dagboeke, nou vir die eerste keer verwerk, bied 'n aangrypende blik op 'n oorlog wat ons gedink het ons reeds ken. Henning se eerlike beskrywings van bloedige gevegte teen...
Een oorlog, twee broers, een tragiese twis – die verskriklikste Afrikanerbroedertwis ooit. Meer as 'n honderd jaar ná die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner wat die wapen teen sy eie mense opgeneem het. In Broedertwis klim Albert Blake as't ware in dié twee broers se koppe. Hy probeer verstaan waarom...