Om speurder te speel, was nie deel van Andine se vakansieplanne nie. As sy geweet het van die skrikwekkende ervaring wat vir hulle voorlê, het sy Jam oortuig om hulle liewer huis toe te neem. Wie sou kon raai dat haar pad met dié van boewe en ’n sangoma sou kruis? Maar dis in hierdie buitengewone omstandighede dat Andine haar eerste tree in die grootmenswêreld gee: die “vlissie” kry vlerke. Hierdie skooluitgawe van Vlis met vlerke is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se...
Dis 1934. Poppie Nienaber is 22 jaar oud, en sy werk in die Haberdashery-afdeling in Mr Cristal se algemene handelaar op Bethlehem. Saam met haar ouer sussie, Anna, woon hulle in tant Nelie se losieshuis in die straat af, en haar broer Jannie kom kuier gereeld op ’n Sondagmiddag, sedeprekies en al. Poppie weet daar is geheime in die familie waarvan sy niks weet nie, en dat Sussie Anna dinge van haar weghou. Party goed onthou sy vaagweg, soos haar ma wat staan en strykwerk doen, die skroeireuk...
’n Droomvakansie in Mauritius saam met Johnny Depp … oftewel Hagen van Tonder van Johannesburg. Kari Beyers het uit vyfhonderd aansoekers sy kortlys gehaal en toe die jawoord gekry, en dis koebaai-meraai vir haar blou blikhuisie op Komga, haar werk in die dorpsbiblioteek, haar hond en haar kat. Dat sy ’n plaasvervanger is vir Hagen se meisie wat hom op die nippertjie gelos het toe hy alreeds die vakansie by die luukse strandhotel bespreek het, kan haar nie skeel nie. Avontuur wink en sy’s nie...