Ignatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibië se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op ’n afgeleë plek in ’n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het. Sy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. Jare later haal sy onverwekte dood haar in....