Met hierdie ware verhaal onthul die akteur en televisie-vervaardiger Christo Gerlach die skokkende werklikhede agter die glans van die vermaaklikheidsbedryf. As kind moes Christo die papawers uit sy ouma se tuin ruk omdat sy oupa in die Volksblad gelees het dat dié blom 'n bron van opium is. Jare later sou Christo homself moes ruk uit die kloue van 'n kokaïene-verslawing. In sy soms pynvol eerlike verhaal vertel hy van sy soeke na die liefde en aanvaarding wat sy pa nooit vir hom...