Albert kom agter dat sy suster Marlie skielik vreemd optree. Sy is vriendelik. Baie vreemd vir ’n sestienjarige ousus. Dan is daar nog die skoolboelie wat hom afknou, ’n ouma wat nie altyd normale gedrag toon nie, ’n pa wat te hard werk, en die moontlikheid dat sy ma nie dood is soos wat hy aanvanklik gedink het nie. Gooi verder ’n paar Chuck Norris-grappe in die mengsel, en die lewe kan redelik ingewikkeld raak vir Albert. Dinge kry egter ’n wending wanneer die buurvrou oorkant die straat in...
Sylvia van der Merwe moet honderd ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiële las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. Dit is wêrelde verwyder van enkele maande tevore toe sy nog planne gehad het om te gaan medies swot en gekies is as skoolprefek. Minstens is alles nie net sleg nie – haar hunk van ‘n boyfriend Hein is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk by die ouetehuis is darem nie te sleg...
Mia wens mense kon grootword soos sywurms. Die een oomblik dryf jy weg in jou lekker fuzzy kokon, en die volgende oomblik is jy cool verby, met great boobs, gewoond aan ouens en jou lewe agtermekaar. Sy probeer darem. Daar is die debatskompetisie waarvoor sy in ’n oomblik van breinverlamming ingeskryf het, en die perdryplanne waarmee haar beste vriendin Annika op loop gesit het. En haar daaglikse keuse: Arnold of Thomas? Niks kan haar egter voorberei op die nuus wat haar een gewone...
Niks cools gebeur ooit op Koedoesdorp nie. Elke dag is so vervelig soos die ander. Veral Maandag-oggende. Maar hierdie Maandag is anders, want skielik is hulle voortuin vol kamele wat Gerrie se ma se spogrose opvreet. Dis chaos in Gerrie-hulle se huis en tuin, en hy en sy suster, Anneke, is mal daaroor. Dit word ’n surrealistiese dag van Kamele wat pandemonium saai, die vreemde gesin wat tent opslaan in die voortuin en sprinkane braai . . . ’n Lekker ligte storie vol humor en pret.
Dit net heeltemal way out buite die kwessie dat jou dominee-pa by jou flat opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat ’n messias daar gesien is. Of liewer, normaalweg is dit. Maar as jy pas met jou Golfie agter in ’n karretjie van die Jack and Jill Driving School vasgery het en jou girlfriend kom daarna met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe kan gaan nie . . . dan, ja . . . Dan klim jy maar in jou pa se ou Merc in; luister maar na Radio Kansel en sy...