Wie kan gaan krokodille kyk of 'n voertuig uit die modder sleep op 'n leë maag? Johan Badenhorst en sy span het onlangs die agtste reeks, Voetspore op die Ewenaar, voltooi. Maar sulke reise kos fyn beplanning, veral wat die spys en drank betref. Johan en sy vrou, Alma, put uit ondervinding wanneer hulle dié eenvoudige maar watertandlekker resepte met jou deel. Alles word gemaak van een goed uitgewerkte inkopielys; jy koop net die vars produkte langs die pad aan soos jy kan. ...