Twee verhale in een, vertel in Ryger se eiesoortige wegholtrein-manier. Soms skokkend, soms bisar, soms histeries snaaks . . . nooit vervelig nie. Dit is die stem van die skrywer wat al deur skrywer/dramaturg Harry Kalmer “die meester van die moderne Afrikaanse kortboek” genoem is. In Bloedlyn is Dirk Steyn, ondersoekende joernalis en skrywer oor die okkulte, op soek na ’n gebreklike ontkleedanseres. Dit bring Steyn in konfrontasie met sy eie verlede, en op pad skuur hy skouers met onder meer...