In ’n arm gemeenskap waar tik toenemend verwoesting en hartseer veroorsaak, vra drie ma’s al hoe meer wanhopig: wie is skuldig en wie staan dan vir geregtigheid? Maria verloor eers haar man en daarna haar seun. Ook haar suster, Stienie, en hul buurvrou Bettie moet magteloos toekyk hoe hierdie nuwe plaag hul lewens en huise indring, hulle vasketting aan hul uitsiglose omstandighede. Teenoor die sukkelende bestaan en swaarkry van dié drie gesinne word die luukse en gewetenlose bestaan gestel van...