In Pompie van der Westhuizen se plaaskombuis buite Tsumeb het die skote nooit geklap nie. Maar die oomblik wanneer sy agter haar weermagradio's ingeskuif het, het die Grensoorlog om haar begin woed. Hierdie aangrypende boek vertel die ware verhaal van die boeregemeenskap van die sogenaamde Driehoek van die Dood in Suidwes en hoe hulle by die oorlog ingetrek is. Swapo-insurgente het die land jaarliks deur dié gebied binnegesypel om sagte teikens aan te val. Deon Lamprecht herskep die...