Die ergste plaag denkbaar tref Laerskool Tierkop: kopluise! Nina en Jessie kom toevalllig af op bewyse dat dié plaag deur ‘n tydelike onderwyseres, juf. Morkel, begin is. Maar waarom sal sy die skool se naam skade wil doen? En hoe gemaak om die luise uit te roei, EN die skuldige aan die kaak te stel? Die hoof en ander onderwysers sal mos nooit twee graad vyfs se storie glo nie. Gelukkig is die Entrepreneursdag om die draai, en Nina en Jessie weet presies hoe om hulle plan uit te voer. Hulle het...
Nina en Jessie is vuur en vlam oor die eksperimente-ekspo waaraan hulle dié kwartaal gaan deelneem. En by die skool se kleure-atletiek sal ’n TV-advertensie vir ’n nuwe energiedrankie verfilm word! Maar toe Nina se pa hulle neem om die nuwe koeldrankfabriek te besoek, besef hulle dadelik iets is nie pluis met die nuwe “energiedrankie” nie . . . Sal die swart-en-rooi pet op Nina-hulle se solder hulle weer met hul speurwerk kan help?