Karnaval en Lent word gekenmerk deur die opheffing van die skeiding of grens tussen die digter en die mense en dinge waartussen hy lewe, tot by die punt van volledige vereenselwiging: Die digter staan tussen medeskepper én medevernielers van die aarde; staan voor die kleinste mier én die oorweldigende kosmos. Filosofies en literêr is dit ’n besonder byderwetse en aktuele uitgangspunt, hierdie afbreek van die skanse tussen die een wat kyk en dit wat bekyk word. Maar benewens hierdie...
Jukstaposisie se titel dui reeds aan dat dinge (en afdelings) naas mekaar gestel word om sowel die teenstellings as die ooreenkomste op digterlike wyse te betrag. Die gedigte is ’n verwondering oor die grootsheid van God se skepping, wat in sy wese teenstellend en paradoksaal is, met die teenstelling self ’n wonder. So word daar verbande gevind tussen die mees disparate dinge wat vernuftig van verskeie hoeke verken word, terwyl alles op ’n manier interafhanklik is. Die agt genommerde afdelings...
Onsigbaar verken opnuut verskeie hooftemas van Cloete se oeuvre, onder meer ’n verwondering oor die natuur, en ’n soeke na sintese tussen wetenskap, religieuse impulse en die grense van taal. Hy verwoord op tegnies vernuftige wyse die onvermoë van die mens om die misterie van die skepping en sy eie bestaan te deurgrond. Hy slaag daarin om iets van die wonder vas te vang, sonder om die enigma te reduseer tot ’n eenduidige slotsom of “betekenis”. En dit doen hy in gestroopte, helder taal. Daar is...