Die Bybel praat van eeue en jare en maande en weke en dae. Maar meestal van dae, omdat selfs die eeue tog ook maar dae is. Tog lees ons in die Bybel ook van weke wat stadig verbygegaan het omdat hulle so vol was, of wat eintlik nooit verbygegaan het nie. Een so ’n week was die laaste week van Jesus se lewe op aarde, toe Hy al die pyn en smart, al die hoon en haat van hierdie wêreld gely het. Tog was die laaste week uiteindelik vol blydskap: Die son het weer opgekom oor die nuwe môre van die...