Johan van Wyk beskryf ’n platteland propvol enigmatiese karakters en ongewone gebeurtenisse. Saam met hom betree jy die wêreld van Stefaans-sonder-sokkies, die Beenpense van Draaikraal, ant Hettie Poortjies en Gert Kriedoring – en ’n era van eenvoud en outydse waardes. Sy stories gaan oor windpompe, skuurdanse, die uitgestrekte vlaktes van die Hantam, Aga-stowe, baaisiekels en boorgate . . . en mense wat teen die armoede in probeer boer. Dit verklap egter ook iets van die lewensreise waarop ons...
Hierdie boek is vintage Johan van Wyk. Sy stories voer jou weg na 'n Suid-Afrika van ouds vol verbeeldingryke karakters met name soos Daantjie Doodlieg, Bont Schalk en Klein Willem Wolwedans. Terwyl die verlede onthou word, gaan dié tweede versamelbundel ook oor die hede. Van Wyk vertel van vandag se Suid-Afrika – 'n wêreld ver verwyderd van die era van padkafees, Pepsi floats en koue skaapnek uit 'n saalsak. Sy verhale handel oor universele temas en bring nuwe insigte oor die...