’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en ’n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede...
Fleur de Villiers is nie ’n kenner van rugby nie. Wanneer haar ou pel Maurice Kumalo haar vra om ’n biografie oor die Springbok-rugbykaptein Katstert Nel te skryf, is sy om die minste te sê teësinnig. Haar voorliefdes in die lewe behels eerder fynere dinge, soos ondersoekende joernalistiek, goeie kos en wyn. Wat op aarde weet sy van rugby, so op die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in die jaar 2025? 'n Verrassende, hoogs vermaaklike roman.
Joshua Gumbo, 'n lid van die Lucky Thirteen-sindikaat in Johannesburg, skiet Sonja Griessel se ouers per abuis wanneer hy Sonja se 4x4 probeer kaap. In die proses struikel sy uit die voertuig en plant 'n soen op haar kaper se mond. Die dood van haar ouers traumatiseer Sonja dermate dat sy al haar besittings oppak en padgee na die Kaap, waar sy haar voete weer wil vind. Joshua, wat glo dat die soen hom van sy mojo beroof het, vat haar spoor. Hy probeer sy tanende mojo aanvul deur die...