Geen verhouding is altyd gemaklik en foutloos of sonder konflik nie. Dit is dikwels die andersheid van jou lewensmaat wat jou in die eerste plek na hom of haar aantrek. Maar later lei hierdie andersheid tot groot konflik. Ek en jy verskil hemelsbreed gee praktiese raad oor hoe om met hierdie verskille saam te leef en julle huwelik ten volle te geniet. Louise van Coller bespreek huwelike in vandag se realiteit, praat uitvoerig oor verskillende persoonlikheidstipes, verskillende agtergronde, die...