’n Welkome heruitgawe van Leroux se trilogie wat die romans Sewe dae by die Silbersteins (1962), Een vir Azazel (1964) en Die derde oog (1966) insluit. Dit is romans wat in Suid-Afrika en die buiteland hoog aangeslaan is. Nie net het die afsonderlike romans destyds in Brittanje en Amerika (en elders) aandag getrek nie, maar Penguin het ook in 1972 in hul Modern Classics-reeks die trilogie uitgegee onder die titel To a Dubious Salvation (‘n heruitgawe het in 1985 gevolg). Die eerste roman is...