Hier staan ek in 'n heelal van dooie atome. Ook in my liggaam is nie 'n enkele lewende atoom nie. Maar ek lewe. Wat is lewe? Waar kom dit vandaan en hoe het dit ontstaan? En waar pas God in? Die groot gedagte, die eerste omvattende kosmologie-boek in Afrikaans, het by eerste publikasie groot opslae gemaak. Dié boek is 'n uitgebreide uitgawe van daardie eerste een, en sluit nuwe kennis in oor die talle ontdekkings oor die kosmos en kwantumfisika die afgelope dekade. Veral data...