Die skilder Monet se tuin in Giverny in Frankryk bevat ’n mengelmoes van irisse, lelies, malvas, kappertjies, papawers, dahlias en ander blomme wat welig en deurmekaar groei, skryf Christine Ferreira. Geen besoeker se liriese beskrywing van die rye papawers, antieke rose en ander blomme kan jou voorberei op wat agter die hoë tuinmuur op jou wag nie. Net so is hierdie bundel vol oordenkings iets wat jy self moet ervaar. Maak dit deel van jou stilwordterapie en vier saam met Christine die mooi in...