Op Oshikango naby die grens tussen Angola en die destydse Suidwes-Afrika breek die hel los. In die loopgrawe krimp jong soldate ineen. Skaars ses maande gelede was die meeste van hulle nog op die skoolbanke, nou sit hulle in die vuurkring van die vyand vasgevang, ’n kring wat meedoënloos om hulle toetrek . . . Hierdie rou, eerlike verkapte roman bied ’n blik op die ervarings van ’n groep soldate tydens en ná die grensoorlog in die destydse Suidwes-Afrika. Die gebeure strek van die aanvang van...