Toe Anna gekies word om die rol van Juliet te speel in die skoolopvoering van Romeo and Juliet, is dit vir haar soos ’n droom wat waar geword het. Maar dit word ook vir haar ’n tyd waarin sy leer dat mense, soos sy self, soveel ánder mense binne-in hulleself versteek, soos die Russiese baboesjkas of “skilpoppe”. Hierdie boek is bekroon met die Sanlam-prys vir Jeuglektuur (1998) en die M.E.R.-Prys.
“As iemand my vertel het ek gaan die meisie van my drome in ’n laundromat ontmoet, het ek seker gesê: Hoekom nie? In ’n wassery wat ruik na rook, vreemdelinge se vuil klere en ou kos? Waar seeppoeier soos skilfers op ’n ongesonde kopvel gestrooi lê? Sure! Plekke met kerse, rose en musiek, waar meisies met Julia Roberts-monde en blink hare GQ-hunks op die lyf loop, is bedoel vir vervelige movies en boeke wat niks sê nie. Dis soapie-materiaal. Ek het Justie in ’n laundromat ontmoet . . .” ...
“Ma-hulle is nog weg toe ek by die woonstel aankom. Lappies hink agter my aan. Ek gaan sit op Pa se leunstoel en staar na die akwarium. Die suurstof gons eentonig. Ek maak my oë toe. Dit voel of ek dryf. “Ek dryf in water. Dis lou. Toe ek my oë oopmaak, sit ek in die Buick. Sy’s vol water. Die paneelkissie is oop. Wier groei dig daaruit. Op die paneelbord is helder see-anemone. Hulle voelhorings wieg in die water. ’n Engelvis swem voor my gesig verby. Ek steek my hand uit. Hy woerts weg. Langs...
Danie glip tussen die mense deur wat die foyer vol staan. Nêrens sien hy sy ma nie. Sy moenie agterkom dat hy hier is nie. Hy klim die trap, draai regs en stap met die donker gang tot by die staalleer wat na die beligtingskajuit lei. Hy klouter op. In die hokkie bo sit Mike agter die kontrolepaneel. Daar onder op die verhoog staan Karel in ’n kollig vasgevang. Agter hom is dit half donker. Saggies sê Danie die alleenspraak saam. Só kan hy dit vlot sê. Hy verbeel hom hy staan in Karel se plek....