God se pad van vryheid is die gewilde en ervare Engela Linde se eietydse oordenkings in 366 dagstukkies waarmee sy lesers nooi om die Bybel opnuut te ontdek en hulle volledig daarin te verdiep. Sy doen dit met haar gemaklike humoristiese styl en skryf die tekste vir die leser óóp deur haar dagstukkies met woorde van bekendes soos dr. Louw Alberts, JM Coetzee, Ingrid Jonker, Albert Schweitzer en Rudolf Bohren te vervleg. Engela se besondere kennis van die Bybel, sy karakters, nuanses, gebruike...