Op die oog af beskik die aantreklike, twee-en-vyftigjarige Rocco de Witt oor alles wat die lewe kan bied. Sy argitekspraktyk in Kaapstad begin opgang maak, hy is verloof aan die pragtige Duitse model Helga en hy woon in sy veelvlakkige droomhuis, daar tussen die bome in Higgovale. Maar oornag kom die besef dat jy die verlede se nawerking nooit kan ontsnap nie. Want in die Bosoorlog was Rocco 'n formidable soldaat, verbonde aan 1 Valskermbataljon, en ná byna 'n kwarteeu staan oudmakker...