Wat beteken dit vir ons om te eet? Is dit bloot die bevrediging van 'n drang, die inneem van 'n hervulling, soos om vulstasie toe te gaan en petrol vir jou motor te kry? Of kan kos, hoe ons dit voorberei en hoe ons dit eet, teruggeëis word as heilig, as méér as die ooglopende, as 'n manier om in verbondenheid te lewe? Rudi Swanepoel, bekende blogger en predikant van Johannesburg, inspireer ons om deur die doodgewone daad van eet meer betekenis te vind in ons lewe. Deur met vreugde...