Dis die jare sewentig aan die Rand. Die Barnard-gesin trek gedurig rond; van die Hoëveld tot die Laeveld; see toe en terug; tussen Johannesburg se Triomf en Brixton – enige plek waar ’n mens oor kan begin. Terwyl verpleegster Vera se huwelik aan die verbrokkel is, knoop sy ’n verhouding met haar buurman aan en lees verbode seks-boeke. Haar man, Willem, is ’n salesman en ’n jagter – van koedoes in die Bosveld, en vroue op die dorp. Hy trek die jonger Poppie vas, en Vera beland weer in die arms...
Chris, ’n Kaapse sielkundige, se voorspelbare lewe word van alle kante bedreig. ’n Vrou met wie hy lank terug ’n vlietende verhouding gehad het, duik skielik weer op met ’n ultimatum, sy pasiënte raak by die dag moeiliker, en sy dirty little secret neem ’n onheilspellende wending. Is sy plat-op-die-aarde jong vrou uiteindelik al mens op wie hy kan staatmaak? ’n Genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse.