Hannes en Zander is die konings van Melkbosstrand. As hulle nie die lane op hulle longboards deurkruis of elke moontlike sonskyndag op hulle surfboards is nie, hang hulle uit by Goofy’s, waar Luna naweke en vakansies waitress. En hulle ken Melkbos en sy mense – daarom staan die ou in die paneelwa wat Hannes amper van die pad af ry soos ’n seer duim uit. Hier kom moeilikheid, weet Hannes. Melkbos se blitsspeurders het werk om te doen! Nadine en Adriaan Blom is ’n ma-en-seun-skryfspan van...
Hannes en Zander is in Gr 8. Hoërskool is soveel anders as wat hulle verwag het. Dit lyk boonop asof hulle vriendskap onder al die druk van aanpas in die nuwe skool gaan ly. Hannes se speurinstink word weer geprikkel toe 'n nuwe kind in sy klas hom een middag huis toe nooi. En Luna, as sy net wil ophou droom oor modelkontrakte! Gelukkig bly Melkbos die beste plek om te bly en is 'n goeie surf-sessie medisyne vir amper enigiets wat pla!