Jy kry die vreeslike nuus. Iemand vir wie jy omgee moes 'n geliefde aan die dood afstaan. Jou eerste gedagte is dat jy dadelik wil bel, maar dan besef jy – jy weet glad nie wat om te sê nie. As jy al ooit só gevoel het, is dié boek vir jou bedoel. Braam Klopper, predikant en pastorale terapeut van Kemptonpark-Oos, spits homself toe op die hantering en verwerking van rou. Hy weet presies waarmee ons worstel as ons wil uitreik, maar sprakeloos staan voor die pyn van ander. Wanneer woorde...