Amraal is in 1774 op die plaas Holkrans in die Olifantsriviervallei gebore. Kleintyd is hy en die boerkinders maats. Later bedrieg en beledig hulle hom. Sy werkgewer mishandel, misbruik hom. As lied van Corps Vrije Hottentotten onsnap hy aan die inboekstelsel. Nà die Britse inval by Blaauwberg, dros hy. Met sy vrou en babaseuntjie en enkele ander familielede trek hy noord, na die Gariep. Daar jag hy olifante en word hy mettertyd as regverdige, vredeliewende leier bekend. Onder Amraal se...
In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek. ’n Land wat hulle net uit die stories van jagters ken. Om daar te kom, moet hulle ’n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. Maar die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier van die trek te wees laat die trek op ’n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan. Anderkant die dors wag daar nie ’n land van...
In Rooiborslaksman word die negentiende-eeuse konflik tussen die Namas, die Herero’s en die Duitsers in die Suidwes-Afrika vervleg met die lewensverhale van Liesbet Lambert wat wees gelaat word tydens die pokke-epidemie en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die kameeldoringboom lyk waaraan die rooiborslaksman sy prooi ryg.