Op die plaas Vrede van die Blanckenbergs, langs die Gamkarivier in die Klein-Karoo, spoel drie kinders op 16 Desember 1880 soos opdrifsels uit twee verbondsriviere saam. Drie struisvoëls wat in vloedwater voortdryf, langnekmaste sonder seil . . . Klein-Sarel, wat bedags in die volstruiskamp namens sy ma vloek en sy pa tot toorn verwek. Victoria, van geboorte af niemandskind op ’n ander se land. En Marja, oud genoeg om te weet die hel kan enige tyd, enige plek wees. ’n Leeftyd later kan sy...