In sy Tuiste in Eie Taal (1980) is Steyn die eerste belangrike akademikus van die tydperk wat die aard van bedreigings vir Afrikaans se toekomstige posisie omvattend identifiseer en ontleed. Hy merk daaroor op dat die grootste gevaar in die Afrikaanse intellektuele lewe nie meer is dat meningsvormers sal versuim om die stryd teen ekonomiese en politieke onreg te voer nie. Die groot gevaar is eerder dat hulle in die proses van oopskryf, en van regskryf wat verkeerd is, ook sal doodskryf, sodat...
J.C. Steyn se debuut-digbundel plaas die fokus op sowel persoonlike problematiek (die ek in sy verhouding tot homself en die liefde) as ’n fyn spel met die taal. Die klem is op die betekenismoontlikhede van woorde, onder meer in assosiasie met ander woorde. Die digter skram weg van sentiment, maar lewer tog ’n besonderse bydrae tot die Afrikaanse liefdespoësie.