Hy en Xolisa Ndlela sou vriende kon wees, besef geheime agent Koos Jooste hier teen die nadraai van die 1994-verkiesing. Want hulle ontdek aspekte van mekaar wat nie een sou vermoed het nie: soos Ndlela se ervaringe in Quatro, die ANC se berugte strafkamp in Angola, en hoe elkeen oor die toekoms voel. Sedert die Soweto-oproer in 1976 kruis die paaie van dié twee Suid-Afrikaners telkens tydens sleuteloomblikke in die land se geskiedenis. Jooste verdedig die bestaande bestel, Ndlela beywer hom vir...