In die middel van die wêreld, in die middel van ’n vlei, het ’n vrolike knapie by sy oupa gebly. Sy naam was Huppel, en sy één groot begeerte was om tog ’n maatjie te hê. Sy oupa beduie toe mooi vir hom hoe hy moet maak om ’n maatjie te kry. En toe Huppelkind doen wat sy oupa sê, kry hy meer maatjies as wat hy ooit van kon droom. Hy maak kennis met Fiefman en Diefman, met Vlak-Floors en Vlei-Floors, met Wielie en Walie, met Haak en Steek, met die Boekwurms en die Slaapkousies . . . en met die...