Stefaans Coetzee was maar 19 jaar oud toe hy op Oukersdag 1996 saam met twee ander verregses bomme by die Shoprite-winkel in Worcester geplant het. Vier mense – onder wie drie kinders – sterf in dié verwoestende ontploffings en Stefaans se lewe verander onherroeplik. Hy word tot moordenaar veroordeel en vir veertig jaar tronk toe gestuur. In die gevangenis kruis sy pad met wit en swart tronkbewaarders, bendelede en medegevangenes – en dié interaksie oortuig die hardkoppige jong man om met sy...