Johanna du Plooy word van kindsbeen af bewus van geheime wat op ma Anna se geboorteplaas, Verlorenkoppe, versteek lê. Die grootmense fluister op die plaashuis se stoep, terwyl Johanna en haar kinds oumagroot Delores Retief in die tuinkamp “weggebêre” word. Op sewentien word Jo belas met haar eie geheim. Vandaar is sy gedurig op die vlug: van haar familie, van die beklemmende landspolitiek en van haar eie seksualiteit. Haar ekspat-lewe in Amerika hink voort na haar kleuterseun se dood. Wanneer...