John Miles se gevierde debuut. Hier is kort-kortverhale wat fokus op geweldpleging en skokkende gebeurtenisse, asof dit uit alledaagse dagbladberigte geneem is. Dit is gedetailleerde verhale wat raakpunte het met tradisionele spanningsverhale, maar vertel vanuit ’n aweregse, ironiese, amper onbetrokke, vertellershoek, sodat dit die leser lank bybly.
CNA-prys (1992), M-Net-prys (1992), Helgaard Steyn-prys. Kroniek uit die doofpot (1991) is die aangrypende en onthutsende verhaal van ’n swart polisieman se soeke na geregtigheid en dis gebaseer op die werklikheid. Ten spyte van sy armoedige kinderlewe op ’n plaas in die Vrystaat, verwesenlik Tumelo John Moleko sy droom om by die polisie aan te sluit. En uiteindelik kan hy ’n huis en motor vir sy gesin bekostig en in sy eie tuin werk: Dus, die lewe van ’n gewone, eerbare man. Op ’n dag word...
Die liggaam is nie jou vyand nie, het hy begin. Ons leef dubbeld, die bewussyn en die liggaam, die een lewe is weggesteek in die ander een. Hulle is een, maar soms moet die een die knie voor die ander een buig . . . Die geheim lê by aanvaarding, aanvaar dat ons twee keer onsself is. Oplaas ’n nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. In ’n klein tuinwoonstelletjie sit en luister ’n oudonderwyser een stormagtige aand na ’n vrou wat met heimwee sing van ’n rivier in ’n ander land, van die...