“ Mense onthou mos dinge op verskillende maniere,” het oom Hennie vir my gesê. En hulle onthou verskillende goed. Sy woorde aan my was: “Ons almal onthou dit dalk reg. Elkeen op sy eie manier.” Juffrou Berdina Visagie, argivaris van die Bredasdorp Skeepswrakmuseum, besluit daar moet ’n noukeurige skaalmodel van die vergane Overbergse kusdorpie Skipskop gebou word. ’n Skaalmodel wat sal verhoed dat Skipskop finaal in die vergetelheid verdwyn, Meneer die Voorsitter. En kom ons vergeet nie van...