Daar is ’n klop aan die deur. My vinger wil nie verder saamtrek nie. My hart hamer die sekondes in my ore om. Wat sal gebeur as ek die sneller trek? Johan is negentien en in die weermag. Wanneer die adjudant hom inlig dat hy na Seksie C in die Zambesivallei gestuur word om onreëlmatige ontgroening te ondersoek, pak ’n ongekende opgewondenheid hom beet. Maar dit is korte duur, want Johan besef gou hy is nie opgewasse teen die weermag nie. Ter ontvlugting besoek Johan pasnaweke sy ouer neef Ben in...