In 2065, na vele natuurrampe, rig geo-ingenieurs 'n virtuele koepel oor Kaapstad op en dit word //Hui !Gaeb. Maar in 2315 begin die krake wys; krake in die koepel, maar ook sypel daar in die ultragereguleerde samelewing van //Hui !Gaeb invloede van die buitewêreld in. Vele inwoners lê in droomhospitale, onverklaarbaar aan die slaap, maar lewend. 'n Groep jongmense besluit om die koepel te verlaat en 'n reis na die noorde van Chinafrika aan te pak op soek na antwoorde.
Nadat Orpheus haar red by die sfinks, word Kara wakker in 'n Andromeda-wentelstasie, met geheueverlies. Kaleb en Mohlomi word herenig, maar Mohlomi dink Kara is dood. Hulle oortuig Ya-ya om hulle terug te neem Kango-grotte toe, maar sy laai hulle af by 'n skrikwekkende Chinafrika-werkersplaas. Intussen het Amber, soos die ouers, aan die slaap geraak. Mohlomi het nog die stervorm-voorwerp wat hulle by die sfinks gekry het. Wat moet hulle daarmee doen? Is dit die sleutel om die slapende...