Regardt se lewe het glad nie naby God begin het nie, maar hy het beslis die pad na Hom gevind. Hy vertel van sy vroegste kinderjare in Bez Valley tot die punt waar sy lewe op die kruin van sy loopbaan, ná 'n onverskillige lewe met drank en 'n vergeefse soeke na 'n dieper sin, heeltemal uitmekaarval. Hy het sy gesin en huis verloor, maar een oggend met 'n babelaas en trane wat oor sy wange loop het hy 'n onvergeetlike ontmoeting met God gehad wat sy hele lewe vir goed...