Die Vorsters herinner aan ’n sirkus, maar nie die ha-ha-en-oe-la-la-soort nie. Sedert die ongeluk bietjie meer as drie jaar gelede lag hulle almal se narbekke in blou, nie meer in sirkusrooi nie. En dis elkeen vir homself wanneer die brokstukke van die gesin in verskillende rigtings spat.Totdat Paternoster besluit om weer die Hoof van sy Eie Huis te wees – soos dit in ’n normale gesin hoort waar die pa nie te veel drink nie. Paternoster is gatvol vir die regering, vir rugby en vir raserige...