Hoekom sal ’n ou soos Juan van Wyk aan die TV-program Boer soek ’n vrou deelneem? Hy is nou wel nie getroud nie, maar dit beteken vir geen oomblik dat hy nie ’n vrou het nie. Om die waarheid te sê het hy omtrent elke vrou op die dorp presies net waar hy haar wil hê. Tussen die lakens. Volkome uitgelewer aan sy buitengewone lyflike vermoëns. Ja, daardie Bosveldplaas van hom ken die snak van ’n ekstatiese vrou. Maar die ding is dat Juan nou al ’n ruk lank voel sy bedavonture moet rigting kry. En...