Tiaan is dik vir almal wat hom weer die see wil indwing. By die skool kan hulle nie ophou praat oor hoe die golwe dié vakansie was nie. Glo elke dag perfek. Oh well, great vir hulle, dink Tiaan. Hoop hulle het dit geniet. Daar is seker nie ’n wet wat sê ’n mens móét elke dag in die see lê net omdat jy daar naby woon nie. Maak hom in elk geval siek, ouens wat meer oor surf praat as iets anders. Dink seker hoe meer jy daaroor praat, hoe beter surfer maak dit jou. Met Dirkie was dit anders. Hulle...