Pienkes du Plessis is terug met ’n nuwe bundel kortverhale. In Robbie se broer se roer en ander jagstories vertel Pienkes stories oor alles wat met jagekspedisies gepaardgaan – en oor dit wat verkeerd loop! In een verhaal moet drie ooms afreken met ’n slang in hul bakkie; in ’n ander verhaal verloor ’n plaasjapie ’n weddenskap en sluk ’n streepmuis heel af, en in die slotverhaal, “Wie braai, ek of jy?” word ons voorgestel aan Jan Somme, ’n man wat “uit sy hart braai”, “met ’n groot lied in sy...