In die middel van die Moordenaarskaroo lê daar ’n geheim so groot soos Google Earth. En ten minste vier keer so gevaarlik. Vir Clint Eastwood van Wyk en sy nefie Budde beteken dit ’n vakansie propvol avontuur en onmoontlikhede. Soos byvoorbeeld meerminne en oerskerpioene wat jou maklik opkots as jy nie oppas nie. Dis nou die skerpioene, nie die meerminne nie. En dan praat ons nie van al die spoke, gangsta-rappers, legendes, gefossileerde gediertes, die mal Engelse lord en maller Victoriaanse...