Soos die draad van die menslike lewe, gespan in die hande van Zeus se dogter Atropos, só verloop hierdie debuutdigbundel van herinneringsgedigte oor die jeug deur verse oor die mediese professie tot by die punt waar die draad geknip word – gedigte oor sterflikheid en verlies. Die wêreld van die geneeskunde word ryklik ontgin met gedigte wat strek van die toediening van narkose tot orgaanoorplantings. By uitnemendheid is die gedigte in Atropos noukeurige waarnemings van die natuurlike en die...