Sheila Cussons (1922 – 2004) het bykans 'n duisend gepubliseerde gedigte in Afrikaans geskryf. Gestaltes 1947 is ingesluit in hierdie werk en daarin gee sy op liriese wyse uiting aan die geesteswêreld van die fantasieryke kind, wat met verwondering kennis neem van die wêreld en veral sy natuur en veelvuldige bewoners, werklik en verbeeld. So gee sy gestalte aan haar innerlike, met die eindelik besef dat werklik onthou onmoontlik is en dat die mens deel vorm van die groot onthou, slegs een...