Joe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie. Hy ontmoet ook vir Michael, ’n verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink. Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag? Dis ’n roman wat verdigsel en waarheid...