Josias Olwage kan nie wegbly van die Jeugsirkus nie. Tussen die akrobate en toutoertjie-meisies vergeet hy dat sy pa spoorloos verdwyn het en sy ma maar min tyd en lus het om na hom te luister. Toe hy boonop leier van die Poppekas word, loop sy beker oor: nou is hy onmisbaar. Maar Josias se geluk is van korte duur. Sy ma word baie siek en hy, kleinboetie Georgie, Mita en Hester moet in ’n kinderhuis gaan bly. Nou is die Sirkus Josias se enigste vashouplek. Maar die ongeluk ry hom. Op pad na ’n...
In ’n rykmansbuurt in Kaapstad word Manuel hartstogtelik lief vir ’n hond wat nie aan hom behoort nie; hier bots hy ook vir die eerste keer met die gereg, maar maak kennis met die stil sersant wat ’n ommekeer in sy lewe sou bring. In Manuel se eie buurt, waar daar nie tuine is nie en waar die stoepe vol wasgoed hang, waar sy ma se goeie bedoelings verswelg word deur die swarighede van ’n sukkelbestaan, het hy darem vir Carlos, sy wonderlike broer, wat hom eendag gaan saamneem om vér van...