Sophia se kind is weg. Dalk is sy self óók weg. Haar man is by haar in hul huisie langs Cloetesville, maar sy wonder nietemin soms waar hy is. Sophia droom van Pompeii en van wegloop – weg van elke dag se sleur by die sukkelende webwerf, die baie werkspolitiek en haar man se speurderwerk wat hom aan soveel gesinstragedies blootstel. ’n Jeugliefde staan boonop een dag voor haar in die supermark en krap alles verder deurmekaar. En heeltyd ruik ’n mens die rook: Stellenbosch-kampus is aan die...