Die vuur begin met geweldige drif in die huis te brand. Aan die westekant van die garingbome trek yl grys rook die lug in; die lappie winterkoring is ook brandgesteek. Oor ’n ruk sal net ’n swart tapyt agterbly. Lenie trek al die registers uit en pomp die musiekie se twee pedale. Sy speel ’n psalm. “Die vloekpsalm, Psalm 69, Leentjie. Die vloekpsalm.” Ons oorlog verweef intieme familiestories in die groter landskap van die oorlog in die Oranje-Vrystaat, om ’n deurleefde beeld te gee...