Waar die dood gewoontlik vir ons iets is wat ons ten alle koste probeer vermy, word dit vir die skrywer ’n baie groot werklikheid wanneer hy deur sy dokter meegedeel word dat hy ’n siekte het wat sy lewe kan kos. Skielik word al die klein dingetjies wat jy jou altyd oor bekommer baie klein. En met dit kom ’n hele lot vrae en vertwyfelinge. Waarom word ons siek? Is dit omdat ons sondaars is en God ons so wil straf? Is dit miskien makliker vir ’n gelowige as vir ’n ongelowige om met die dood...